Al so moeg

Ons is nou 1jaar terug in Suid Afrika, en my man so 6maande n ‘temporary resident’ wat ook net so stres bal was en is. n week na ons op medies gerigistreer is het ek uitgevind ek is swanger..glo my n GROOT verassing, heeltemal onbeplan!

So ons moes onse ou Discovery laat weet ek is swanger en surprise surprise hulle gaan niks dek nie.

Ek soek nou al lank na n hospitaal, bel rond, vind kostes uit ens ens. Gister na n baie bekostigbare plek gaan kyk aan die ander kant van Pretoria, ons meer as n uur gevat om daar te kom. wel die plek was skoon en leeg en absoluut NIKS MEE FOUT NIE, maar toe ons by die huis kom kon ek net nie meer nie en uitgebars in n histeriese trane dal, ek WIL NIE daar geboorte gee nie, ek is nie n snob of dink ek is beter as enige iemand nie, voel net glad nie lekker oor die plek nie, en plein weg WIL NIE soontoe gaan. so ons is maar weer terug by die begin.

Ek voel so skuldig om almal op n hol te sit en budget gewys is dit seker dom om na n privaat hospitaal toe wil gaan. Vir nou is my Gini by die Wilgers en sal LOVE om net daar te gaan, dis naby ek ken almal en en en …… dit kos n fortein.

So het nou maar met geen hoop n ou emailkie aan discover gestuur en gevra vir hulp met net hospitaal kostes, sommer al klaar seker hulle gaan vir my se ek moet gaan vlieg

Ek huil sommer weer!

 

4 Responses to Al so moeg

  1. Avatar of Lizelle11
    Lizelle11 29 January 2012 at 1:49 pm #

    Izy, soos Sophia, wonder ek of ‘n vroedvrou nie dalk die maklikste pad vir jou is nie. En het jy al met jou dokter gepraat? Hy/sy sal dalk ook raad hê. Ek het ‘n vriendin gehad wat dit ook nie kon bekostig om by die privaat hospitaal te kraam nie en die staatshospitaal was haglik. Sy kon egter haar ginie oortuig om die baba by die huis te vang. Hy was bereid om dit te doen, veral omdat die hospitaal net ‘n paar kilo’s verder was en sy bereid was om wel opgeneem te word indien iets sou fout gaan. Ek dink nie alle dokters sal bereid wees om dit te doen nie, maar jy kan net vra.

  2. Avatar of Sophia Swanepoel
    Sophia Swanepoel 26 January 2012 at 10:51 am #

    Hey Izy, wat van net ‘n hospitaalplan, soos by Fedhealth? Sal hulle jou ook nie cover as jy reeds swanger is nie? Sterkte jong!
    Dink miskien daaraan om ‘n baie oulike vroedvrou te kry, wat vir jou ‘n goeie plek kan aanbeveel en jou hand vashou deur die hele ervaring. Dan maak dit nie so erg saak waar jy is nie – selfs by die huis (as jy nie komplikasies het nie, natuurlik) – sy sal jou kalm hou.
    O ja, wat van die Little Company of Mary in die stad? Is dit ook privaat?
    Sterkte x

  3. Avatar of Amor Herbst
    Amor Herbst 25 January 2012 at 3:09 pm #

    HI Izy,

    welkom terug in sonnige SA. Jammer om te hoor van jou panarie! Jong, het jy al Kelafong (Pta Wes) hospitaal probeer?

    ‘n Vriendin het onlangs daar gekraam (geskeduleerde keiser nogal) – haar man is een van daai wat dink medies is geld-mors.

    Blykbaar het hulle ‘n privaat afdeling in hulle Kraam-eenheid, wat volgens haar so skoon en netjies is, dat jy voel of jy by Wilgers/Unitas/Pta Oos is.

    Hoekom gaan maak julle nie ‘n draai nie, dis dalk beter as dit wat jy reeds gesien het (en jou laat huil het).

    Sterkte…jy maak my nou nervous, ons is nog in ‘n wagperiode van Discovery, maar soos ek verstaan is Swangerskap nie ‘n uitsluiting nie, hulle sal dit dek maar eers begin dek na my wagperiode verby is. Ag crap.

    • Avatar of Amor Herbst
      Amor Herbst 30 January 2012 at 8:17 am #

      HI Izy,

      ek het toevalling met die bogenoemde vriendin gekuier die naweek – dis Folateng hospitaal in Pta Wes, en nie Kelafong nie! So jammer vir die verkeerde inligting!

      Blykbaar het van die Praktiserende Drs. van Folateng, die 2de Vloer van die hospitaal geprivatiseer – my vriendin sê die vlak van sorg, was so goed soos Kloof Hospitaal – sy het vir ‘n geskeduleerde Keiser gegaan – R 14 000.00 – wat eintlik ‘n bargain is, inaggenome dat my Normale bevalling (die Epiduraal van die Narkotiseur uigesluit) meer as dit gekos het by Unitas.

      Ek weet dis nogsteeds baie geld, mar nie ‘n slegte idee as ‘n back-up plan.

      LIzelle en SOphia se voorstelle van ‘n tuisgeboorte klink idelies! Gaan lees gerus van die ander mammas se ervarings met tuisgeboortes op die Birth Stories groep:-)

Leave a Reply