• Anneke Boshoff replied to the forum topic Help in the group Trying to get pregnant 2 weeks ago

    Dankie, Julle ek sal vandag nog gaan, die pyn is ondraaglik, so ek gaan maar voor ek ni meer kan ni.

  • sanet replied to the forum topic Help in the group Trying to get pregnant 2 weeks ago

    Ek stem saam met Jennifer. Gaan eerder dokter toe. Dink nie mens speel met enige iets wat nie vir mens normaal voel nie.

  • Jennifer Prinsloo replied to the forum topic Help in the group Trying to get pregnant 2 weeks ago

    Hi Anneke ek het laasjaar presies dieselfde simptome gehad as wat jy nou beskryf en my ook nie veel daaraan gesteur nie totdat die brandpyn in my so erg geraak het dat my heup en been ook gepyn het en ek skaars […]

  • Anneke Boshoff started the forum topic Help in the group Trying to get pregnant 2 weeks ago

    Hi almal. Ek wil gou iets uitvind. Ek is op nordette vooerbehoed pille en het eers die maand op my 2de laaste pilletjie begin en dit was ni so erg soos ander maande ni. Ek het niks daarvan gemaak ni maar ek het […]

  • sanet posted an update in the group Trying to get pregnant 2 weeks, 2 days ago

    Hi julle. Was Maandag by die genikoloog nadat ek weer die maand op 100mg fertomid was. Daar was 5 follicals. 3 aan die linkerkant en 2 aan regterkant met 2 wat onderskeidelik 25 en 24 mm was. die genikoloog het gese ons moet maar self besluit of ons die maand wil “probeer” omdat daar kanse vir meervuldige swangerskap is! Die ding is ons het…[Read more]

    • Hi Sanet. Ons het twee keer op Femara twee follikels gehad en niks het gebeur nie. Op inspuiting ook net twee en nou het ons tweetjies oppad. My vriendin het op dieselfde inspuiting ook twee follikels gehad, maar sy verwag net 1. Ons wou ook nie graag ‘n tweeling (of meer) hê nie, maar het maar die kans gevat. Is nou eintlik baie opgewonde oor…[Read more]

      • Hi Annemarie. Ek is nie so bekommerd oor ‘n tweeling nie, want dink my man sal eintlik nie omgee nie maar die idee aan dalk meer maak my bang! En aan die ander kant is ek weer bang al was daar so baie follikels dat ek nogsteeds nie swanger gaan raak nie! Die genikoloog wou nie my ovidrel inspuiting gee nie so ons het nie ‘n “trigger” gehad…[Read more]

        • Dr het nie gesê hoe groot nie, net watter dag hulle gaan ovuleer. Die een was egter kleiner as die ander en sou dus so twee dae na die ander ovuleer. Mens het gewoonlik ’n langer vrugbare periode as jy meer follikels het, want hulle is nie gelyk reg nie. Dis ook nie te sê almal gaan ryp word nie. Baie sterkte!

          • Ovuleer al die follikels? As ons dan nou te veel probeer vermeerder dit nie dan ons kans op te veel kleingoed nie? Ek het follikels van verskillende grootes gehad. Ek dink die kleinste was omtrent 17mm en grootste 25mm. Ek is bang vir te veel kleingoed, maar ook dat ek weer nie swanger gaan raak nie. Ai dalk moet ek net relax!

          • Ai dankie vir jou raad elke keer. Ten minste is jy al hier deur en swanger so dis lekker om met iemand te praat wat my mooi kan verduidelik!

            • Hi Sanet, ek is nou nie deur al die behandelings nie, was net ‘n paar keer op Fertomid en het weereens die maand wat ek op geen medikasie was, swanger geraak & die beste van als, die maand wat ek gedink het dit sal glad nie gebeur nie, maar surprise surprise, ek het omtrent 2 weke laat geovuleer – wys net weereens God is groter as wat ons besef. …[Read more]

              • HI mammas, net gou ‘n eier lê – ek het ‘n kollega met ‘n tweeling, ‘n kollega met ‘n drieling (JA ‘n drieling hehe) asook ‘n vriendin en ‘n stiefsus met tweelinge.

                Hulle almal is lede van SAMBA (SA multiple birth association) – as jy ‘n lid is van SAMBA, dan kry jy finansiele steun asook afslag by BAIE deelnemende partners soos baba…[Read more]

                • sanet replied 2 weeks ago

                  Lekker lag ek nou vir jou Amor! Ek sal dit defnitief in gedagte hou!! Ek dink in sulke omstandighede het mens seker bietjie finansiele hulp nodig! Vroeer jare het die mense so baie kinders gehad en dit was nie eers snaaks nie! My suster het ook gese ek moet maar gaan vir dit! Sy vertel haar skoonma hulle was 11 kinders. Het maar in ‘n 2…[Read more]

              • sanet replied 2 weeks ago

                Dankie Mariaan. Op die stadium hoop ek maar net iets sal die maand gebeur. Ek se vir my man as ek dalk die maand sien ek is swanger gaan ons seker op hete kole wag vir ons eerste sonar en hoop nie om dan ’n te groot verrassing te kry nie!

  • Louise posted an update in the group Trying to get pregnant 4 weeks ago

    Ek sit en lees nou net die laaste “posts” en ai sjoe ons gaan almal maar deur dieselfde verwagtinge, frustrasies, hartseer, teleurstelling elke maand. Mens kan maar net glo en vertrou dat dit op die regte tyd sal gebeur, ek weet van ‘n paar vrouens wat na jaar of 2 se probeer moed op gegee het en dan kort daarna swanger geraak het. Dalk moet…[Read more]

  • sanet posted an update in the group Trying to get pregnant 1 month ago

    Ek is nog heeltyd bekommerd dat ek dalk endometriose kan he omdat van julle al gese het julle het geen tekens van endometriose getoon nie, maar sien nou, ek is op Discovery en ek sal ‘n bybetaling van R4250 he as ek vir laparoscopy gaan en dan is daar dalk niks verkeerd. So ek dink die kanse is nul dat ek gaan kan gaan! Ek het nog nie eers weer…[Read more]

    • Hi, Ek het die selfde probleem gehaat, maar ek het nie gedink daar is iets fout nie, tot ek deur gejaag is hospitaal toe. Ek weet ni watter plan van discovery jy het ni, maar discovery het my laparoscopy ten volle betaal. Vra jou dr om jou te help met di medies. Hulle weet hoe hulle invoices aan die medies moet lyk. Sterkte.

      • Hi Sanet, jy gynea behoort dit met ’n sonar in die spreek kamer te kan optel of dit nodig is op laparoscopy te doen. Vriendin van my het ook een gehad en sy was ook op Discovery en hulle hare ook betaal. Praat met jou gynea en baie sterkte.

  • Justine Smit posted an update in the group Trying to get pregnant 1 month ago

    Hi julle! Ek is nuut in die groep! Ons is nou al so 2 en ‘n half jaar getroud. Ek was lank op Triphasel pil, en het dit so Augutus/September laasjaar gelos. Ons was heel rustig oor alles, tot so 3 maande terug wat ek laat was ( so 2dae) en toe ek seker 3 tuisswangerskaptoetse gedoen het, was hulle positief ( ook ‘n clear blue het positief…[Read more]

    • Hi, Ek weet presies waardeur jy gaan. Ek het n swangerskap toets gedoen en dit was positief en 3 dae later het ek begin. Di dr het vir my gese dit is n vals positief. Wat gewerk het vir my om swanger te raak is ek het na di oefening met my bene in die lig teen die muur gele vir so 10min. Ek was wel by di see en wou ni te veel uit mis ni, maar ons…[Read more]

  • sanet posted an update in the group Trying to get pregnant 1 month ago

    Ai julle vandag is ek regtig down the dumps. Begin alweer menstrureer! Weet nou nie meer nie. 2 de maand op behandeling gewees. Weet nie of dit die moeite werd gaan wees om weer terug te gaan na my genikoloog. Dink julle ek moet dalk ’n 2 de opinie kry by ’n dokter wat my nie ken nie?

    • Ai Sanet. Ek sit in dieselfde bootjie. Ons het baie maklik swanger geraak die eerste paar keer maar 2 verloor op 8 weke en toe het ons wonderwerkie gebeur en sy is nou 2,5. Ons het dadelik weer probeer en dit sukkel. Het al vir 3 IUI’s gegaan en niks gebeur nie, al die opwinding elke keer en dan die teleurstelling is nie lekker nie. Ons het…[Read more]

      • sanet replied 1 month ago

        Ai Susan ek is al 1jr en 4 maande van die pil af en nou al vir 2 maande op Fertomid en Ovidrel inspuitings. Met my seuntjie nou 2jr 4maande het ek ook vinnig swanger geraak. Ons is op Discovery en ons spaarplan kan ook net soveel behandelings betaal en die jaar is nog lank, so ek wil nie ons medies uitput nie. Nou weet ek nie wat moet ek doen. Ek…[Read more]

    • Ek weet wa jy is. Ek was net vir die 3mnde na my dogtertjie se geboorte op die mini pil en van daar af is ons hard aan die oefen en probeer. Ek sit ook waar jy sit wat die ouderdom betref behalwe dat ek nou ‘verkeerde’ kant van 40 is. Het al gewonder of dit nog die regte ding is om te probeer op my ouderdom maar wil soooo bitter graag nog…[Read more]

  • Hi almal. My gynea het my op die pil (diane) gesit vir so 3maande om my menstruasie gereeld te kan he want ek het nie elke maand gebloei nie, die oorsaak is omdat ek PCOS het? het enige van jul dieselfde probleem? inelkgeval, na die 3maande het sy my op fertomid en estrofen gesit na ek op die 2e dag gaan bloed trek het en op dag 12 haar gaan…[Read more]

    • Hi Rianie. Ek sukkel al maande met spotting voor my menstruasie vloei begin. Soms sommer al ‘n week voor die tyd. Ek is nou al vir 2 maande op Fertomid en ook Estrofem. 1 st maand 50mg Fertomid, maar nie veel gebeur en die maand was ek op 100mg Fertomid asook ek kry Ovidrel inspuiting so dag na ek die genikoloog gaan sien het vir 12de dag sonar.…[Read more]

      • hi sanet, ek dink ook nie hul weet dan nou waneer dag 1 is nie, ek het nog elke keer gewag tot ek begin vloei voor ek begin tel het, so dalk was my telling uit??!! ek moes weer 30 maart begin het met siklus en ek het nie, so ekt nou gynea gebel ek wag nou dat sy terugbel. Ek hoop daar gebeur ietsie gou want dit sal my eerste kind wees…. ani…[Read more]

        • Hi Rianie. Ek hoop regtig dat jy swanger is!! Hou my groot asb op hoogte!! Met my eerste maand op Fertomid het ek begin tel toe ek begin vloei het en die maand van die dag wat ek begin spot het. Dit was net so 2 dae voor ek begin vloei het, maar ek weet nie of ek reg was nie maar die ontvangsdame wou nie dat ek met die genikoloog praat nie en gese…[Read more]

          • Ek sal laat weet sodra ek weet, die dokter my nou teruggebel en gese ek moet gaan bloed trek om tetoets vir swangerskap, toe se ek ek het by huis getoets maar dis nie altyd akkuraat nie. My ma moes ok altyd uitvind deur bloedtoetse sy is swanger. so dalk is die klein olifantjie oppad, ek sal nou dinsdag weet. ek wil nie my hopes te hoog kry nie…[Read more]

            • Ai ja en dan is die gewag ook altyd so lank!! Vrekket om tot Dinsdag te wag is uitputtend! Sterkte. Ek hou vir jou duime vas!

            • Wie is jou genikoloog as ek mag vra?

              • ja nee dinsdag is vrek ver!! die onsekerheid maak my mal!! my dokter is miems kleynhans by pta oos hospitaal, ek hou baie van haar! by wie is jy?

                • Hi toevallig is ek ook by Dr. Miems Kleynhans! Was met my eerste seuntjie ook by haar. Kry jy ook die ovidrel inspuiting?

    • Weereens sterkte. Ek hoop regtig dat jy Dinsdag goeie nuus sal kry!

      • dankie!! ek bid en hoop ok! maar ek weet di tyd gan so gou verbygaan! waar staan als met jou, is jy nou weer op behandeling?

        • Ja ek was die maand op 100mg Fertomid en Estrofem en het op dag 13 die ovidrel inspuiting gehad. Ek dink daar was net 2 eierselletjies. Lyk my ek vorm nie so baie nie. Het al van vrouens gehoor wat 4 tot 5 eierselletjies gevorm het as hulle op Fertomid is. Dr her wel gese dat die een eierselletjie baie goed lyk. So ja ek is nou in daai priode…[Read more]

          • Ek hou vir jou styf duime vas!!! hoop dis goeie nuus!!! met my laaste ondersoek was daar net een eiertjie maar hy was ook nie helemal reg nie, so jy hoef nie sleg te voel nie!! baie baby dust vi jou!! *********

  • sanet posted an update in the group Trying to get pregnant 1 month, 4 weeks ago

    Verlede maand se behandeling op Fertomid was nie suksesvol nie. Nogal teleurstellend! Ten minste is die 2 weke se gewag verby!

    • Hi Sanet, ai tog jammer om te hoor. Ek was so lanklaas op die site. Gaan julle weer die maand probeer? Ek hou vir jou duime vas. Ek moet nog ’n week wag maar omtrent al die tekens van pms is hier, gaan vlge maand gynea sien. Sterkte vir jou!

      • Hi Louise. Ja ek is was die maand weer op behandeling. Fertomid 100mg en Vrydag gaan ek genikoloog toe vir 12 de dag sonar en dan sal ons maar sien wat gebeur!

  • Wanda Wyk posted an update in the group Trying to get pregnant 2 months, 1 week ago

    Hi almal ek was so lank laas hier en hier is ek nou ek het darem bietjie goeie nuus gekry ek het ander werk gekry so ek gaan nou vir ten minste 3 maande nie probeer swanger raak nie want hulle plaas my op 3 maande proef maar die oomblik wat ek permanent aan gestel is gaan ek weer begin probeer gaan op die oomblik niks gebruik nie ons gaan net baie…[Read more]

  • sanet posted an update in the group Trying to get pregnant 2 months, 3 weeks ago

    Hallo almal. Ek wil julle net op hoogte bring. Gister het ek nog getwyfel of ek ooit gaan begin menstrureer omdat ek al vir amper ‘n week “gespot” het. Gewonder of ek dalk kan swanger wees ook. Vanoggend het ek nou begin vloei. Dankie vir jou antw gister Annemarie. Toe bel ek nou die genikoloog se kamers omdat ek afspraak vir 12 de dag moet…[Read more]

    • Jammer om te hoor dat jy begin het, maar nou weet jy darem en kan vorentoe kyk. Die gewag het my altyd mal gemaak! Die inspuiting is waarskynlik ‘n sogenaamde trigger wat jou ryp follikel laat ovuleer. Ek moes dit ook op dag 14 kry. Hulle kyk op dag 12 hoe groot jou follikel(s) is en bepaal dan wanneer hulle ryp behoort te word. Die inspuiting…[Read more]

      • Dink jy dit is die menopur inspuiting waarop jy was?? Ek moet nou vandag vir bloedtoetse gaan. Weet nie vir wat toets sy. Het nie eers geweet ek moet vandag bloed laat trek. Eers gehoor toe ek gister bel.

        • Hi Sanet. Weet nie waarvoor hulle so vroeg in die siklus toets. As ek reg onthopu moes ek ook voor ovulasie bloed trek om die FSH en LH vlakke te toets. Ek moes ook 1 week na ovulasie progesteroon toets. Die menopur inspuitings is daar om ovulasie en follikel vorming aan te help. Jou fertomed doen dit ook (as ek reg onthou is jy op dit). Die dag…[Read more]

          • Ja jong ek se reeds dag toe ek by genikoloog was vir my man ek wens mens kan ‘n dokter kry wat nie lyk of hulle nie kan wag dat mens uit hulle spreekkamer kan kom nie! Almal het gedink ek is mal toe ek vra daar moet vir my neergeskryf word watter dae moet ek wat doen. Maar sy het niks genoem van die inspuiting wat ek moet kry, soos ek se ek en my…[Read more]

  • Hallo almal. Ek is nuut op die forum en dit lyk of dit ‘n plek is waar ‘n mens sommer baie wenke en ondersteuning kan kry. Ek en my man was onlangs twee jaar getroud en ek het pas die pil gelos. Ek wil graag weet wat julle dames aanbeveel in terme van vitamien- en ander aanvullings. Ek gebruik tans foliensuur en Vit B kompleks. Is daar enige…[Read more]

    • Die dokter het vir my an my man Staminogro voorgestel. Julle moet elk twee per dag drink en dan hoef jy niks anders te gebruik nie. Sterkte en hoop jy kry gou goeie nuus!

    • Hi Annelie,

      die foliensuur is ‘n goeie idee vir pre-conception – foliensuur is baie belangrik vir brein-stem ontwikkeling, en dis een van die eerste liggaamlike areas van jou fetus wat ontwikkel in die begin – die ironie is, die brein-stem ontwikkel nog VOOR jy agterkom jy is ‘laat’, so om voldoende vlakke foliensuur te handhaaf sal net goed…[Read more]

      • Dankie vir die inligting, ek sal beslis vir ons StaminoGro kry.

      • More almal, ek het toe vir ons StaminoGro gekry en ons dit drink dit van die begin van die week af. Ek wil egter net hoor watse newe-effekte julle daarmee ervaar het. My man bly vreeslik moeg en sy maag is baie omgekrap. Kan dit hiervan wees? Is dit maar net ‘n geval dat ‘n mens se liggaam eers daaraan gewoond moet raak? En wanneer is die beste…[Read more]

        • Hi Annelie. Ek en my man het dit op ‘n stadium gedrink. My man het nooit gekal dat hy moeg is nie, in teendeel het hy gese hy voel beter. Ek kan nie onthou waaroor het hy gekla toe hy begin 4 drink het nie, maar hy het oor iets gekla, so toe gaan hy terug na net 2 pille. Ek verstaan dis beter om dit in die aand te drink. Ons drink dit nou nie…[Read more]

        • HI Annelie,

          volg jou man die dosering instruksies op die vou-biljet? Daar is ’n initiele dosis en tyd-van-dag wat hy mee moet begin. Dit kan waarskynlik wees dat hy dit op ’n leë maag drink, wat veroorsaak dat hy sukkel met sy maag. Die feit dat hy moeg is, kan beteken dat hy dalk sommige dosisse skip?

          • Hi Amor, my man is baie noukeurig as dit by instruksies kom – hy lees dit ‘n paar keer voor hy enige iets doen, so ek glo dat hy dit tot op die letter gevolg het. Dit het so erg geraak, dat hy dit eerder gestop het. Ek weet egter nie of dit van die pille was en of dit bloot net ‘n ‘bug’ was nie. Maar dit het so dag na hy die pille begin drink…[Read more]

            • shucks, nou dat jy praat van ’hardloop’ – ’n vriendin het my gister gewaarsku oor ’n gogga (ons is in centurion). dit sou nogal snaaks wees as hy newe-effekte ervaar van die aanvulling, maar dis nie onmoontlik nie. miskien maar weer eksperimenteer as julle terug is van vakansie…geniet die tydjie af:-)

              • Ons is ook in Centurion, so dit kan seker enige iets wees – en dalk was dit maar net toevallig dat hy die ’bug’ (as dit dit was) dieselfde tyd opgedoen het as wat hy met die aanvulling begin het. Ons sal beslis as ons terug is van vakansie af by die apteker of dokter hoor wat hulle voorstel. Dankie in elk geval vir almal se raad.

            • Weet jy ek stel voor dat as jy dalk by ’n dokter of genikoloog kom, dat jy hulle vra watter ”pre-conception” drug hulle voorstel reeds omdat daar so baie op die rak is. Of vra by ’n apteek. As hulle Stamino-gro aanbeveel en julle wil dit nie gebruik nie vra vir iets anders, want soos ek se daar is ander produkte.

  • sanet posted an update in the group Trying to get pregnant 3 months ago

    More almal. wil net se ek was gister by genikoloog. Sy het my op Fertomid gesit wat ek van dag 5 tot 9 moet drink. My estrogeenvlakke bietjie laag en dan op Estrofem vir dit. Dan op dag 12 gaan ek na haar toe gaan vir sonar en tussendeur gaan my man ‘n inspuiting kry, weet nie wat en dan gaan my genikoloog bepaal wanneer moet ons intiem verkeer…[Read more]

    • Hi Sanet, ek hoop dit werk vir julle en dat julle sommer dadelik swanger sal raak en nie te lank die goed hoef te gebruik nie. Hou ons op hoogte.

      • Hi sanet, ek weet maar min van die medikasie waarop jy is, maar sover ek weet is die effekte van estrogeenaanvullings meer na langtermyn behandeling. In jou geval gaan jy dit waarskynlik, soos louise sê, baie kort gebruik, so moet liewers nie te veel worry nie. Dis die eerste keer dat ek hoor die man kry ‘n inspuiting. By ons moes ek deur alles…[Read more]

        • Ten minste is ons nou al hier! Ek moet nou net wag vir my menstruasie wat ook nogal in my geval moeilik kan wees, want ek lyk of ek gaan begin en dan is daar weer niks en dan uiteindelik begin ek dae na die tyd. Elke maand dieselfde storie. Ek hoop sommer dit verander ook nou!! My man se spermtelling was bietjie laag. Genikoloog se by GP sou hy…[Read more]

          • Oeps dalk 2 :) Dis nogal interessant van die telling. Ek het nou Nov 35 geword en my man 44 ook maar gedink as niks teen einde Maart gebeur het nie sal ons maar die dr gaan sien. Sterkte en laat weet wat dr sê.

            • Ja ons het reeds een seuntjie van 2 jaar en 2 maande! Met Fertomid en Clomid is daar mos altyd die kanse vir meervuldige swangerskap. Ek en my man probeer nou al vir meer as ‘n jaar. Hoe lank probeer julle al? Ons kon al September ons probleem opgelos het, maar mens voel mos altyd kom ons gee nog ‘n maand kans, en dan nog ‘n maand en dan nog…[Read more]

              • Môre, jammer ek reply nou eers, kan nie met my BB op momtomom ingaan nie, bly error gee :( Ons probeer nog nie so lank nie, maar eers van Nov af, maar ons wou al vroeër laas jaar en ek by nuwe werk begin so moes 9mnde wag sodat ek kraamvoordele kan kry. Ons dogtertjie raak nou 4 in Mei en hoe langer ek vat om swanger te raak hoe groter raak die…[Read more]

                • Ek sal julle op hoogte hou!! Hoop maar dinge gebeur vinnig vir ons almal! Dis regtig vir my erg hierdie elke maand se gewag! En ek kan my net nie afgeskakel kry oor dit! So die gestres daaroor dink ek help ook nie!

                • Ek sal julle op hoogte hou!! Hoop maar dinge gebeur vinnig vir ons almal! Dis regtig vir my erg hierdie elke maand se gewag! En ek kan my net nie afgeskakel kry oor dit! So die gestres daaroor dink ek help ook nie!

      • Dankie Louise. Ek hoop ook iets sal hievan kom, want ek word ook al Mei, 37 en my man was nou Januarie 40! Sien ook asb wat ek aan Annemarie geskryf het!

    • hi Sanet. Ek is ook tans op die behandeling van Fertomid etc en het nou kla die IUI gehad. Ons wag juis vir die 12 dae om verby te gaan sodat ons kan uitvind of dit gewerk het of nie. Gelukkig kan ek more vir die 1ste bloedtoets gaan. Soos my gynea gese het ons het 1 uit 5 kans vir sukses en met reeds 1 dogtertjie van 2 en 3 miskrame dink ek…[Read more]

      • Hi Susan. Was jy ap enige behandeeling toe jy die miskrame gehad het? Jammer om te hoor. Dit moet seker baie traumaties wees! Wat is die IUI? Op hoeveel dae gaan mens vir die bloedtoets? Is dit om te kyk of mens swanger geraak het?

  • nokwazi purity posted an update in the group Trying to get pregnant 3 months ago

    hello ladies, well its my 1st month trying to conceive the natural away after seeing my new gynae since my previous one showed no initiative. its been 2yrs and i still have hope. i pray to GOD things work out this time around after my misscarriage in 2009.

  • Load More