Ek en my sussie is huismammas, en ons lewe absoluut vir ons kindertjies.Ons is baie bevooreg om ons kinders self tekan grootmaak.
Maar dit biteken nie ons het nie dai af middag eenkeer n week nodig nie, asook biekie speelmaikies vir die kinders.
My sussie se dogtertjie is nou 3 jaar en sy en my dogtertjie 16 maande baklei ons dink hulle is maar verveeld en verstreurd met net mekaar.
Ons het ook n 7 maande en 4 maande babas in die huis so julle kan verstaan hoe gaan dit met 3 kleintjies onder 2 jaar.natuurlik soek ons net n plekkie vir die 2 oudstes,die babas moet maar nog biekie wag voor hulle gaan kuier by maatjies.
Nou ja so gaan soek ons toe vir n kleuterskool, maar wat n riller, die plekke is onveilig, die hekke maak nie behoorlik toe nie, die klimraame val uitmekaar,daar is baie meer as net 6 kinders per volwassine (wet vereis 1 volwasse per 6 kinders) die babas le net in die kotte, in vuil doeke dit stink vreeslik baie daar binne en die speelgoed is vuil, en dan moet jou kleindjie dit in haar mond sit.
Nou ja toe probeur ons speelgroeppie, met baie minder kinders.maar die tannie doen hipnose en ek voel gladnie gemaklik met dit nie,
ons probeur toe n dagsorg, die plekkie is nuut, so als is nog skoon en netjies.maar my sussie se kind wil gladnie daar speel nie, sy wil huil as ons net ons rue op haar draai, en toe sy haarself skraap teen n trappie toe vat die dagmoeder n ander kind se salf en smeer dit aan my sussie se kind, en se vir haar dit is magic salf.nou in die eerste plek gaan sy dan my salf ook op ander kinders uit gebruik, en ek hou nie daarval sy leer ons kinder van magic nie.Dit is gladnie iets wat ons in onbs huise leer nie
Dit was vir my skrikwekkend waar mense hulle kinders sal los.En ons het weer besef hoekom ons in die eersteplek besluit het ons ons kinders by die huis groot temaak en nie in n skool nie
Ek was geskok!!!
Ek dink ouers moet strenger wees met die plekke en bester sorg vereis.Dit is immers ons kinders.
En ek wonder of enige ienand al besef het dat meeste mense is bereid om n huishulp R120 n dag te betaal, maar die duurste dagsorg, speelgroeppie of kleuterskool vra maar R80 n dag, en dan sal ouers kla oor die hoe pryse. Wat is vir jou belangrikker, n skoon huis of jou kind.
Ek kan nie help om tewonder of dit nie n verskil sal maak as hierdie plekker better geld kry nie.Dan kan hulle minder kinders inneem, en die kleintjies kan dan beter sorg en aandagk kry.
Ons wil tog die beste vir ons kindertjies gee.
Ek besef baie mammas het nie n keuse nie, en moet hulle kindjies in hierdie plekke sit, maar mammas kom wees streng, staan op jou kind se regte.Maak sekker jou kindjie kry die beste sorg.



Ek het self al n paar rillers beleef met skooltjies. Toe ek by die eerste 1 uitstap kon ek ni gou genoeg daar weg kom ni ek was so ontsteld en in trane! Hoe kan enigiemand hul kinders daar los maar ek besef ook baie ouers het ni n keuse nie! Ek is te dankbaar ek kan self na my dogtertjie kyk by di huis, dis maar moeilik en frustreerend vi ons albei party dae maar sy is veilig, en bitter min indien al ooit siek. Darem kry sy genoeg kieme andersins met di honde en speeltyd vd badkamer tot buite. Maar ja, jy kan jou kind groot maak soos jy goed dink volgens jou waardes en ideale. Speel groepies of so is oulik om te help dat jou kind bietjie sosialiseer met ander kinders en leer v saam speel, maar ten minste is mamma altyd daar. En ek dink ook ons kinders sal baie meer onafhanklik wees omdat hul juis weet ons is altyd daar vi hul en hul gaan di vrymoedigheid he om als aante pak met ons ondersteuning. Dis nou ni te anders vi ma’s wat werk ni, dink ni ons gee di kinders genoeg krediet ni, hul ‘cope’ beter as die ouers in baie omstandighede! Ek bly in Pretoria en wens daar is speelgroepies naby my!
Ons probeer self ‘n speelskooltjie kry vir Mira. Die nanny is baie lief, maar sy kan nie meer vir Miertjie stimuleer en besig hou nie. So ek kyk na ‘n baie oulike speelskooltjie waar sy so een of 2 oggende ‘n week tot so 12-uur kan gaan speel met maatjies en goed gestimuleer word. Dan kan ek haar gaan optel en nog steeds smiddae van die huis af werk terwyl die nanny haar verder besig hou. (Ek kan nie regtig werk as dit net ek en sy is nie!)
Maar dit gaan ‘n vreeslike duur spul wees en ek weet eerlik waar nie of ons die nanny nog kan bekostig nie. Maar dan, sy is bietjie van ‘n charity geval en ons voel so vreeslik jammer vir haar. Dis so moeilik!!
Jy’s so reg, Elize, ‘n mens moet mooi versigtig wees wat ander jou kinders leer. Ons is baie gelukkig dat Miertjie na ‘n Christelike voorskooltjie toe gaan van ouderdom 4 – maar ek’s tog bekommerd dat sy nie “verkeerde” Christelike stories moet hoor nie. Ek meen, rassisme was tog ook van die kansel af gepreek, nè! En een katkesasie-meneer het een keer vir ons gesê dat net Gereformeerde Kerk-mense hemel toe gaan. Ha ha ha!! So ons sal maar ‘n fyn oor hê en mooi luister wat sy by die huis kom verkondig
Hai sophia.
Ek is bevoregd, en ek dank die HERE elke dag dat ek dit kan doen.
Die vrou was regtag nie sleg nie, ek het maarnet besef dat mens nie meer die enigste een gaan wees wat jou kind goed leer nie. En dat jou kind dalk goed geleer kan word wat jy self nooit vir hulle sal leer nie.
Lizelle
Elke omgewing het maar sy eie pryse.Maar ja ons gaan nie die kids permanet in n skootjie sit nie, dink dit was maar baie vir nuuskirigheid.elkgeval, die oudste gaan volgende jaar begin ballet, en as myne oud genoeg is gaan sy ook. ons kuier darm gereeld saam vriendinne wat ook kinders het, dit maak mens net weer positief om tesien jy is nie alleen nie.
Wel hier rond gaan jy verseker nie weg kom met R80 ‘n dag nie. Maar dit beteken steeds nie dat al die plekke waffers is nie. Maar ja, soos jy verkies ek maar om dit self te doen. Maar ek weet wat jy bedoel dat die kinders (en jy) bietjie moet uitkom. Julle moet dalk eerder loer na aktiwiteite soos Kindermusik, Playball, swem ens. Die kinders is mal oor die ekstra uitdaging/stimulasie en die nuwe maatjies en jy ontmoet ander mamma’s en kom uit. So in die proses leer julle ander tuismamma’s ken en kan speel afsprake reel. Dink sonder ons weeklikse speel sou ek en die kinders dit verloor het.
Met die dat baie van die aktiwiteite by kleuterskole/dagmoeders aangebied word was ek al by ‘n hele paar. En daar gebeur by van die plekke regtig dinge wat mens se hart skoon seermaak, maar ek het ook al die tee gekom wat regtig oulik is. So bly maar net soek en vra rond. As julle regtig die kleuterskool roete wil volg sal daar wel iets oulik vind, al vat dit heelwat langer.
Hi Elize, dis so waar. Ons kla so gou oor die prys van kleutersorg maar ons wil net die beste hê. Ons moet definitief daai skuif in ons koppe maak en begin aandring op beter kwaliteit sorg, veiligheid en higiëne, asook goeie stimulasie.
Julle is baie gelukkig dat julle by die huis kan bly – ek weet dit is ‘n groot besluit en mens gee baie dinge prys, en ek dink dis great dat julle dit doen. Daar is ook ma’s wat dit nie kan doen nie en 100% moet staatmaak op kleuterskole, speelskooltjies en dagma’s, en ek’s so bly jy skryf hieroor om ons te herinner daaraan om jou kindersorg BAIE versigtig te kies.
Ek moet sê, daardie dagmoeder het vir my persoonlik nogal oulik geklink – ek sal nie omgee as sy my salf met ander deel nie en die magic salfie was dalk maar net ietsie wat sy gesê het; ek self sou dit nou nie met die okkulte assosieer nie. MAAR elkeen het sy eie waardes en maak sy eie besluite en jy was tog self daar so jy sou die vibe opgetel het, miskien sou ek dieselfde gevoel het as ek daar was. Vertrou jou instink!
Dankie dat jy hierdie geskryf het, ek sit dit sommer gou op Facebook.