today forever!!

wow… tyd vlieg

my kleine babatjie is al 7 maande oud,sy is net gister gebore. of so voel dit.ek onthou nog ons Nicu stay, elke dag daarvan kan ek nog sien as ek my oe toe maak. die reuk van die Nicu sit nog in my neus en as ek vir my kindjie kyk sien ek nog die 1,3 kg babatjie wat in n broeikas le.

My ander babatjie is al 19 maande 20 oor n week, en sy begin nou met handsakke en poppe rondloop. en het net gister vir haar n pop prem gaan koop. my baba het nou n baba, sy probeer dan tot haar babapop borsfoed. doen als wat mamma doen.ek het vir haar laat oorbelle inskiet  my baba is nou n dogtertjie

en toe kom ek agter dit wat ek nie op n kiekie of n video gevang het nie, is verlore. ja vir nou onthou ek hoe lekker dit was wanneer my babatjie opgekrul op my bors le en hoe oulik dit was net toe my dogtertjie die eerste keer praat.maar met tyd verdwyn die memories daarvan, eers vergeet jy kleinigheide dan vergeet jy meer en meer  tot daar net hoogtepunte oorbly

ons is vandag so beforeg om n kammera op ons fone tehe. ons kan in n oogknip n foto neem. ek skruif als neer net ingeval ek iets vergeet wat belangrik mag wees eendag as my dogters getroud is en hul eie kinders het. 

maar steeds voel dit of dit nooit genoeg sal wees nie..ek is so bang om die verlede te verloor dat ek amper vergeet het om in vandag te leef. 

Mens kan net sofeel fotos neem, net sofeel neerskryf en net sofeel onthou.maar as jy nie in vandag lewe nie kan more ook verlore wees!!!

One Response to today forever!!

  1. Avatar of Amor Herbst
    Amor Herbst 27 January 2012 at 7:35 am #

    Hi Elize,

    ware woorde! Ons is net so mal oor foto’s neem, maar meeste van die tyd neem ek net een of twee op ‘n ‘special moment’ – dis asof die oomblik nie dieselfde ervaar word wanneer jy dit aanskou deur die lens van ‘n kamera nie.

    Jy is doodreg, die tyd vlieg heeltemal te vinnig, ons eens of ‘n tyd babas, ontpop nou in regte klein dogtertjies en dis asof ek nou die fynere detail kan begin raaksien oor hoe sy gaan lyk eendag.

Leave a Reply