voorbehoeding, en swangerskap!

My baba is nou 4 maande oud, ek borsvoed, en gebruik n mini pil “Microval” wat my gynee vir my voorgeskryf het.

Maar ek het nou al vir 2 maande my priode gemis. Ek het seker al 5 urine toetsies gevat en n bloedtoets. als wys negatief.

Maar wat my warrie is, ek het erg seer borste is naar, tel gewig op, ondervind erge kop sere, het afskeiding, vel uitslag,en is baie moeg.

Al die simptome van my vorige 2 swangerskappe.

My ma het swanger geraak op microval terwyl sy borsvoed en haar urine toetse en bloedtoetse het ook negatief gewys, sy het amper my boetie geaborteer agv n Dr se slegte raad, gelukag het sy vir n 2de opinie gegaan.

 

Elkgeval, ek het n afspraak by my gynee maar kan haar eers die 19de nov sien, en dit voel baie lank.

 

Is daar enige mamma wat al die selfde ding oor gekom het.En wat was dit, swangerskap of net erge neweifekte van die pil!!

Dit is die eerste keer in my lewe wat ek op voorbehoeding is so ek weet gladnie hoe my liggaam op dit reageer nie.

 

Asb ek raak mal hierso!!!!!!!!!!!

2 Responses to voorbehoeding, en swangerskap!

  1. Avatar of %s
    Elize 29 October 2011 at 11:27 am #

    hai Lizelle.
    Ek self is nie een wat n voorbehoed pil wou gebruik nie, dit is soos ek gese het die eerste keer. dis maar net omdat ek na my oudste nie n pil gebruik het nie, en die Dr het vir my gese dat die borsvoeding het my ovilasies deurmekaar gekrap, dis hoekom ek dit nie kom uitwerk nie. en toe raak ek swanger. al het ons condome gebruik, toe stel my gynee voor dat ek n pil gebruik net tot ek klaar geborsvoed het.

    Ek hoop maar dit is net newe-effekte

  2. Avatar of Lizelle11
    Lizelle11 29 October 2011 at 10:18 am #

    Elize, ek sal eerder my persoonlike opinies oor voorbehoeding vir myself hou. Maar ja, die pil kan ‘n pes wees. Daar’s die wat sonder te veel drama daar deur gaan, die wat minder/meer newe-effekte het en die vir wie dit ‘n ramp is. Kanse is goed dat jou liggaam net baie sleg reageer op die Microval. Na swangerskap is mens se hormone in elk geval op ‘n mallemeule en die pil help beslis nie.

Leave a Reply