wanneer hou dit op

Om mamma tewees is sekker die lekkerste ding in die lewe.

Ma wees! Wanneer is dit teveel, genoeg of verkeurd?

Hoe leer jy jou kindjie om teloop, te praat.hoe leer jy jou kind van maniere he, en Godsdiens.En dan kom die dag waar jy moet ophou mamma wees.

As jou 16 jarige dogter swanger raak, en sy self n mamma moet wees.  Hou dit dan op?

Wanneer jou dogter met n verkeurde man wil trou. verbied jy haar of los jy haar om die fout self agter tekom.  Is dit dan verkeurd?

Of as jou seun die verkeurde invloed vriende het.Is dit dan genoeg.  Het jy jou deel gedoen en nou moet hy self leer?

Wat van as jou kind eendag self n mamma is, tieners het of n ouma is. hou jy dan op om n ma tewees, hou jy dan op om raad tegee of jou kind regtewys.

Wanneer hou dit op, wanneer is dit teveel, en hoe weet jy dit is nou die regte tyd om jou kind telaat gaan?

Dit is so moeilik om tedink dat my kindertjies, my babatjies eendag gaan seerkry, dat hulle n liefdes tereurstelling mag he, of dat hulle n geliefde mag verloor.As ma wil ek hulle teen al daardie goed beskerm,ek weet ek kan nie.Maar wat van die ding teen wat ek hul wel kan beskerm. hou dit een of ander tyd op om my werk tewees.

Is daar n verval datum op mamma wees???? 

3 Responses to wanneer hou dit op

  1. Avatar of yolande britten
    yolande britten 18 November 2011 at 11:49 am #

    ek dink om ‘n mamma te wees is vir altyd. Al word jou kind 21 en is mondig dan sal ons nogsteeds bekommerd wees of hy/sy die regte besluite gaan maak, met die regte lewensmaat trou en kan op hul eie voete staan. Ons as mamma’s sal altyd daar wees vir ons kinders deur dik en dun of die goeie en slegte tye – soos hulle se “till death do us part”

  2. Avatar of %s
    Elise 12 November 2011 at 3:34 pm #

    Hi. Ek het nou die dag ‘n AMAZING boek gelees: OUerskap wat werk van arnold Mol. Hy fokus op kinderopvoeding vanuit ‘n chistelike oogpunt. Hy praat nogal en gee raad oor baaaaaaaie verskillende situasies waarin ons as ouers kan beland. Toe ek jou post gelees het, het ek dadelik aan sy boek gedink. Dis my tweede Bybel deesdae ;-) Ek kan dit ten sterkte aan beveel en wens elke ouer wil dit lees. Hy het ook ‘n paar hoofstukke oor tienergedrag en hoe ouers die of dai situasie kan hanteer. Als met ‘n bybelse grondslag. Vandat ek dai boek gelees het, sien ek myself en my gebreke as ouer in ‘n ander lig. Ek voel minder soos ‘n mislukking, want ek kan nie perfek wees. Ek sal foute maak, maar met God se genade word henri ‘n godvresende man. Henri sal dalk foute maak, maar ek bid dat deur sy foute heen Hy nooit van God sal vergeet nie, want GOd sal nooit van hom vergeet nie. Ek dis iets wat jy van geboorte vir jou kind kan doen (gebed) en later by hom kan inskerp. Groepsdruk was vir my nie ‘n probleem as tiener nie, want ek het geweet ek was goed genoegvir God en dis die belangrikste en het ewigheidswaarde. Versoekings was min, want ek het geleer om keuses te maak wat God sal behaag en aan sy woord te toets. EK het geleer hoe ‘n huwelik moet lyk, deur die pragtige voorbeeld van my ouers. Hoe ‘n verhouding tussen ‘n ou en ‘n meisie veronderstel is om te wees, want my ouers het van jongs af die verleidinge van die wereld vir ons voorgehou en hoe ons in navolging van God daarop moet en kan reageer. Ons was nie as robotte groot gemaak nie, daar was vryheid om ons eie keuses te maak, maar dan het my ouers vertel hoekom hulle nie saamstem nie en wat moontlike konsekwensies kon wees. Dis ook hoekom ek seker nie so gerebeleer het as my ouers nee gese het nie, want hulle het ‘n goeie rede gehad en self ook so gelewe. Hulle was redelik, sou ek rerig graag wou, het ons ‘n kompromie aangegaan: dan net tot so laat bv, Verder was ons huis vir my die lekkerste plek om te wees, daar was ek geliefd en aanvaar wat vir my veeeeeel belangriker was as aanvaarding van vriende. Maklik was dit nie altyd nie, maar ek dink my ouers se gebede en my eie het my baaie gehelp. Lees dai boek en verkry verstommende wyshede, hoe jy jou kinders kan hanteer as daar bv sprake van groepsdruk is, of jou dogter wat met ‘n verkeerde man wil trou. Dis trouens presies 2 kwessies wat hy onderandere aanspreek en raad oor gee. Ek sien nou veel meer kans vir ouerskap, omdat ek weet God lei my en help my. Natuurlik vrywaar dit nie foute by my of verkeerde keuses by my kinders nie, maar ek is oortuig daarvan dat dit wat ek hom van kleintyd af leer erens sal vashaak en sal keer dat hy keuses maak wat ‘n lewenslange negatiewe gevolg gan he. Die duiwel is listig daarom moet ek en so my kinders ook leer, om met ‘n gebed op die lippe deur die lewe te gaan.

  3. Avatar of Lizelle11
    Lizelle11 9 November 2011 at 8:57 am #

    Ek dink ma-wees is ‘n lewenslange taak. Dit hou nooit op nie. Maar ons moet wel ons kinders leer om stadig maar seker hulle eie vlerke te sprei en self verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle besluite. Ons kan nie verhoed dat hulle seer kry in die lewe nie, maar ons kan altyd daar wees om te help troos.

Leave a Reply